

Blaas Hoog Die Vlam
Blaas Hoog die Vlam
- Datum
- Saterdag, 28 November
- Tyd
- 15:00 – 16:00
- Plek
- Signature Klubhuis, Legend Golf & Safari Resort
Kaartjies
Saterdag, 28 November · 15:00 – 16:00
Betalings is veilig en geënkripteer
Blaas Hoog Die Vlam
Gekombineerde vertoning
- Datum
- Saterdag, 28 November
- Tyd
- Blaas Hoog die Vlam: 15:00 – 16:00
Vrou vs Vrou: 16:30 – 17:30 - Plek
- Signature Klubhuis, Legend Golf & Safari Resort
Kaartjies
Saterdag, 28 November · 15:00 – 17:30
Betalings is veilig en geënkripteer
Blaas Hoog Die Vlam
Die Lewe en Werk van Eugène Nielen Marais
Kom beleef die lewe, digkuns en nalatenskap van die bekende Afrikaanse skrywer, digter en natuurkenner Eugène Nielen Marais, in ’n besondere musiek- en woordkunsproduksie.
Elma Potgieter en Coert Grobbelaar bring Marais se onsterflike woorde en gedigte tot lewe deur ’n aangrypende kombinasie van woord en lied. Met klavierbegeleiding deur André Esterhuyse word die gehoor op ’n reis deur die werk en nalatenskap van hierdie merkwaardige digter en skrywer geneem.
Kunstenaars
- Elma Potgieter – Woord en sang
- Coert Grobbelaar – Woord en sang
- André Esterhuyse – Klavier
’n Besonderse viering van Afrikaanse letterkunde, musiek en die tydlose woorde van Eugène Marais.
Vrou Versus Vrou
Met Elma Potgieter
In Vrou versus Vrou neem die bekroonde aktrise Elma Potgieter die gehoor op ’n boeiende reis deur die wêreld van vroue, verhale en Afrikaanse digkuns.
Deur gedramatiseerde gedigte en karaktervertolkings ontmoet ons ’n verskeidenheid vrouefigure – van mitologiese godinne en historiese figure tot die onvergeetlike karakters uit die werke van Elisabeth Eybers en Corlia Fourie.
Met ’n besondere aanvoeling vir humor, drama en emosie verken Elma die uiteenlopende persoonlikhede, ervarings en stories van vroue. Soms skreeusnaaks, soms aangrypend, maar altyd vol karakter.
Kunstenaar
- Elma Potgieter – Aktrise en voordraer
Man of vrou, as jy van stories hou, is dié vertoning net vir jou!
Vertoning ten bate van die Eugène Marais Stigting
Legend Golf & Safari Resort · Sentrale Besprekings: reservations@legendlodges.co.za · +27 (0)12 443 6700